Wes-Kaapse minister trots op Moederstad
Die LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, Mireille Wenger, is met reg trots op die Moederstad. Suid-Afrika is in ‘n meningspeiling onder lesers van die Britse koerant, Telegraph, aangewys as die wêreld se beste toeristebestemming. Nieu-Seeland is tweede gevolg deur Japan in die derde plek. Kaapstad is aangewys as die beste stad in die wêreld met Vancouver in Kanada tweede en Rio de Janeiro in Brasilië derde. Die Telegraph spog met 2,3 miljoen lesers. Wenger sê sy is verheug dat die pragtige Kaapstad én Suid-Afrika aangewys is as die beste in die hele wêreld.