Verdere ondersoek kom na lood-blootstelling by Rosh Pinah

Die gesondheidsministerie het ‘n komitee ingestel om ondersoek in te stel ná gevalle van chroniese lood-blootstelling by Rosh Pinah in die Karas-streek aangemeld is. Volgens die adjunkminister dr. Esther Muinjangue is tien gevalle van chroniese lood-blootstelling onder kinders tussen die ouderdomme van een en 12  vandeesmaand by Lüderitz en Rosh Pinah aangemeld. ‘n Streeksbestuurspan is op 6 Julie na die myndorp gestuur om ondersoek in te stel. ’n Opvolgbesoek is vir volgende week geskeduleer deur ’n span wat sal bestaan uit onder meer arbeidsterapeute, epidemioloë  en beamptes van die Wêreldgesondheids-organisasie. Walters Kamaya, woordvoerder van die ministerie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die pad vorentoe deel.