Rise Mzansi: Volgehoue aanval op SA ekonomie
Rise Mzansi sê hy is bekommerd oor die afwesigheid van ‘n gekoördineerde plan wat oor ‘n tydperk toegepas word om die volgehoue aanval op Suid-Afrika se ekonomie te stuit. Dit volg nadat 21 vragmotors sedert die naweek in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aan die brandgesteek is. Makashule Gana van Rise Mzansi sê tot op hede is niemand nog in hegtenis geneem nie, ten spyte van die minister van polisie, Bheki Cele, se ernstige waarneming dat bewyse dui op pogings om die staat te ondermyn en te saboteer.