Kanada dra dubbel by tot Groen Klimaatfonds
Die Kanadese regering sê hy sal 8,15 miljard Namibiese dollar bydra tot die Verenigde Nasies se Groen Klimaatfonds wat ontwikkelende lande help om klimaatsverandering die hoof te bied. Die belofte kom terwyl lande voorberei vir vanjaar se VN COP28-klimaatonderhandelinge. Kanada se minister vir die omgewing en klimaat, Steven Guilbeault, sê dié verbintenis is 50 persent meer as Kanada se vorige belofte aan die fonds. Die Groen Klimaatfonds is gemik op die uitbreiding van kollektiewe menslike optrede teen klimaatsverandering, en om geld te mobiliseer vir belegging in lae-uitstraling, klimaatsbestande ontwikkeling op die planeet.