NEO Paints verfraai Namib Hoërskool
NEO Paints gaan vir Namib Hoërskool op Swakopmund ‘n splinternuwe baadjie aantrek. Die Namibiese maatskappy gaan klaskamers by die skool uitverf om ‘n bevorderlike leeromgewing vir leerders bied, asook om ‘n noodsaaklike toeriste-aantreklikheid in Swakopmund te versterk. Namib Hoërskool, die oudste skool in Swakopmund, vier vanjaar sy 110de bestaansjaar. Die skool het in 1913 met 126 studente onder die naam Städtische Realschule mit Grundschule sy deure oopgemaak. Dit was uniek in Suidwes-Afrika, indien nie Suider-Afrika nie, omdat Engels-, Afrikaans- en Duitssprekende kinders saam klasse bygewoon het, en was bekend vir sy hoë opvoedkundige standaarde. In 1997 is die skool Namibs Hoërskool Namib herdoop. NEO Paints se bemarkingbestuurder, Janine Briedenhann, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…