DA: Elektrisiteitsminister gee waninligting oor beurtkrag

Die DA se nasionale woordvoerder vir elektrisiteit, Samantha Graham-Maré, het die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, beskuldig dat hy waninligting versprei oor die land se beurtkrag-situasie. Volgens Graham-Maré is Ramokgopa se aansprake oor die volhoubaarheid van die herstel in opwekkingsvermoë onwaar. Haar standpunt volg nadat Suid-Afrika terug is op fase 6-beurtkrag. Graham-Maré voer aan Ramokgopa moet in die openbaar om verskoning vra vir die verskaffing van misleidende inligting aan die publiek, vermoedelik vir politieke doeleindes.