Wes-Kaap arresteer 994 verdagtes
Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die wetstoepassingsbevorderingsplan-beamptes gaan voort met hul werk om veiliger gemeenskappe te skep. LEAP-beamptes het tussen 29 Mei en 2 Julie beslag gelê op 18 vuurwapens en 994 verdagtes in hegtenis geneem vir ‘n reeks oortredings in Kaapstad. Allen sê hierdie beslagleggings en arrestasies is uiters belangrik, veral aangesien vuurwapens die meeste gebruik word wanneer moorde gepleeg word.