Streeksmag in Sudan kan help om burgerlikes beskerm
Senior regeringsamptenare van Oos-Afrika wat die beraad van die streek se ontwikkelings-owerheid, Igad, in Ethiopië bywoon, sê die ontplooiing van die streek se militêre bystandsmag in Sudan kan help om burgerlikes te beskerm. Hulle sê dit kan ook help om te verseker dat humanitêre bystand die inwoners van die oorloggeteisterde gebied bereik. Gevegte het in April in die hoofstad, Khartoem, uitgebreek en intussen na ander dele van die land versprei. Bykans drie miljoen mense moes reeds uit hul woonplekke vlug. Die Oos-Afrika-leiers sê ‘n buitelandse teenwoordigheid is ook dringend nodig om hulle onder meer van menseregtevergrype te vergewis. Sommige lede het egter kommer uitgespreek dat die twee strydende groepe die ontplooiing van ‘n streeksmag sal teenstaan.