Rugby: Etzebeth lei Bokke teen All Blacks
Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth is weer fiks ná ‘n skouerbesering en sal Saterdag in die tweede toets van die Kampioenskaps-beker teen Nieu-Seeland in Auckland as kaptein uitdraf. Die afrigter, Jacques Nienaber, het Lood de Jager as die ander slot aangewys, met Kwagga Smith, Franco Mostert en Jasper Wiese as die lostrio, Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe op vleuels en Faf de Klerk as skrumskakel saam met die senter, Damian de Allende. Willie le Roux, Lukhanyo Am, Damian Willemse in die agterlyn en die voorspelers Steven Kitshoff, Frans Malherbe, en Bongi Mbonambi is ook ingesluit nadat hulle die Wallabies verlede week met 43-12 kafgedraf het.