Ontsnapte gevangene nog nie opgespoor
Die Namibiese Korrektiewe Dienste het bevestig dat die gevangene Isak Alfeus wat ontsnap het, nog nie opgespoor is nie. Hy het Maandag uit die Windhoek Sentrale Hospitaal ontsnap toe hy vir ‘n sonar daarheen geneem is. Alfeus is in die Omaruru-landdroshof tot 38 jaar gevonnis vir drie aanklagte van verkragting en huisbraak met verswarende omstandighede en word as gevaarlik beskou. Volgens kommissaris Salmi Hangula van die Windhoekse korrektiewe fasiliteit moet lede van die publiek hom nie benader nie en liewer die polisie ontbied.