WWF loof afname van ontwouding in Amasone

Die Wêreld-natuurfonds het Brasilië se aankondiging verwelkom dat ontwouding van die Amasone in die eerste ses maande van President Luiz Lula da Silva se termyn met 33,6 persent gedaal het. Die bewarings-organisasie sê vlakke van ontbossing bly nietemin baie hoog. Lula het belowe om teen 2030 ontwouding, of bos-opruiming, te beëindig. Hy staan egter voor ‘n groot uitdaging aangesien die afgelope paar jaar ‘n kommerwekkende toename in ontwouding gesien het. Die Amasone-reënwoud is ‘n deurslaggewende buffer in die wêreldwye stryd teen klimaatsverandering.