Vodacom se hoofkwartier Kaapstad in brand beskadig

Vodacom se hoofkwartier in Kaapstad naby die Canal Walk-winkelsentrum het aansienlike skade opgedoen nadat ‘n brand Sondag daar uitgebreek het. Brand- en Reddingsdienste is ontbied toe sonpanele op die dak van die gebou aan die brand geraak het. ‘n Woordvoerder Jermaine Carelse, sê die gebou is ontruim en niemand is beseer nie. Hy voeg by dat ‘n brandveiligheids-inspekteur vanoggend op die toneel sal wees.