Russiese hoof van generale staf vir die eerste keer ná muitery gesienJuly 10, 2023

Die hoof van Rusland se generale staf, Valeri Gerasimov, is vir die eerste keer gesien, sedert 24 Junie toe soldate en die hoof van die Wagner-groep in ‘n voorval van muitery na Moskou onderweg was. In ‘n video wat vandag vrygestel is, kan die 67-jarige Gerasimov gesien word waar hy opdrag gee dat Oekraïens missiel-opslagplekke geteiken word. Hy het die bevel gegee nadat Oekraïne missiele op die Krim-, en die Rostov- en Kaluga-streke afgevuur het, maar dit onderskep is. Daar is bevestig dat Gerasimov steeds die bevelvoerder van Rusland se magte in Oekraïne is, en die minister van verdediging, Sergei Shoigu steeds in sy amp is. Die hoof van Wagner, Jevgeny Prigozhin was onderweg na Moskou om dié twee te konfronteer oor korrupsie en verval van die Russiese weermag, toe hy sy muitery-poging laat vaar het. Dit is steeds onbekend waar Prigozhin en Shoigu hulle bevind.