Amerika keur Alzheimer-teenmiddel goed

Die Amerikaanse Food and Drug Administration het finale goedkeuring verleen aan die Alzheimer’s middel Iecanemab, wat onder die handelsmerk Leqembi bemark sal word. ‘n Versnelde goedkeuring is vroeër vanjaar uitgereik. Leqembi, wat deur Eisai en Biogen, vervaardig word, is die eerste medikasie wat bewys het dit vertraag die vordering van Alzheimers, insluitend verswakking van geheue en denke, deur die siekte se onderliggende biologiese proses te teiken.