Koperdraad-diewe laat Hentiesbaai weer sonder waterJune 18, 2025
Hentiesbaai het weer die slagoffer geword van diefstal en die vandalisering van ErongoRed se krag-infrastruktuur, met inwoners wat dringend moet water spaar. Volgens NamWater is krities-belangrike koperdraad twee aande gelede gesteel en 13 kragpale is afgesaag, wat beteken die Omdel-boorgatveld het geen krag nie en daar kan nie water na Hentiesbaai en Swakopmund gepomp word nie. Teen gistermiddag het Hentiesbaai se reservoir net 17 persent water gehad. Herstelwerk aan die kraglyne gaan voort en die munisipaliteit probeer die sterkste boorgat met sy opwekkerstel aandryf om watertoevoer gedeeltelik moontlik te maak. Swakopmund word nie geraak nie en kry tans water van die ontsoutingsaanleg. Net twee dae voor dit het dieselfde by Uis gebeur, waar watertoevoer na verwagting Vrydag herstel sal wees.