Die As: Talle Britse spelers sit die toets uit
Engeland se rekord-paaltjienemer, James Anderson, en sy mede-snelbouler, Josh Tongue, kry ruskans tydens die derde toets om die As teen Australië wat vandag op Headingley in Leeds begin het. Onder-kaptein Ollie Pope gaan die res van die reeks misloop weens ‘n ontwrigte skouer, terwyl die veteraan-draaibouler Moeen Ali terugkeer saam met Mark Wood en Chris Woakes. Die 40-jarige Anderson het tydens sy loopbaan 688 paaltjies vir Engeland geneem, maar slegs drie slagoffers geëis in die vorige twee toetse. Australië loop 2-0 voor in die reeks van vyf toetse.