Armoede- en werkloosheidsyfers is belangrik vir Namibiese ontwikkelingplanne

Die bekende Namibiese navorser Christie Keulder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor aanmerkings deur Obeth Kandjoze, die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, wat sê data ontbreek op Namibiese toestande. Volgens Kandjoze moet datagapings aangespreek word en daarom is die Nasionale Strategie vir die Ontwikkeling van Statistiek, bekend gestel. Keulder sê die belangrikste nasionale data wat nou nodig is, handel oor armoede en werkloosheid. Hy verduidelik.