Bibberweer bereik die Suide Saterdag
Die Namibiese Metereologiese Diens het ‘n weerwaak uitgereik dat koue toestande vanaf Saterdag in die Suide verwag kan word. Die bibberkoue sal Sondag en Dinsdag na die sentrale en oostelike dele versprei. Ooswind-toestande sal na verwagting môre oor die noordelike en sentrale kusgebiede voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende plaaslike weerkenner van Aranos George van der Merwe gesels…