Ethiopië wil by Brics aansluit
Ethiopië, een van Afrika se ekonomieë wat die vinnigste groei, het gevra om by die Brics-blok van ontluikende markte aan te sluit. Ethiopië het die tweede-grootste bevolking in Afrika, maar sy ekonomie is slegs 59ste in die wêreld volgens die Internasionale Monetêre Fonds, en is minder as die helfte van die grootte van die kleinste Brics-lid Suid-Afrika. Verlede jaar het Argentinië, die wêreld se 23ste grootste ekonomie, gesê hy het China se formele steun ontvang om by die groep aan te sluit, wat as ‘n kragtige alternatief vir die Weste beskou word. Die Brics-beraad van staatshoofde vind in Augustus in Suid-Afrika plaas.