Mashatile moet op bewerings reageer
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Sandile Swana, het ‘n beroep op adjunkpresident Paul Mashatile gedoen om aandag te gee aan die bewerings van sy verbintenis met mense wat van korrupsie beskuldig word, en na bewering sy luukse leefstyl befonds. Onder die mense wat genoem word, is Edwin Sodi, wat tereg staan op aanklagte van korrupsie nadat sy onderneming winsgewende kontrakte van Eskom ontvang het. Swana erken Mashatile het die reg om te swyg, veral as die kwessie in ‘n strafsaak ontaard: