WGO, banke gee lenings aan armer lande vir gesondheid

Die Afrika-Ontwikkelingsbank, die Europese Beleggingsbank, die Islamitiese Ontwikkelingsbank en die Wêreldgesondheids-organisasie het ‘n nuwe Gesondheidsimpak Beleggingsplatform geskep. Die baanbreker-ontwikkeling is gemik op beleggings in, en die versterking van, noodsaaklike, klimaat- en krisisbestande en primêre gesondheidsorg-dienste in lae en middel inkomste-lande. Die platform gaan aanvanklik 30,6 miljard Namibiese dollar in konsessie-lenings en toekennings beskikbaar stel. Dit hoop om gesondheidsdienste na die mees kwesbare gemeenskappe uit te brei.