Tennis: Djokovic wil Federer se Wimbledon-rekord ewenaar

Tennis: Novak Djokovic hoop om sy 24ste Grand Slam-titel te verower by die komende Wimbledon-toernooi, en Roger Federer se rekord van agt Wimbledon-titels te ewenaar. Hy is tweede gekeur vir die toernooi, en tans weer tweede op die wêreldranglys, nadat die jong Spanjaard Carlos Alcaraz weer die eerste plek ingeneem het. Keurings by Wimbledon word gedoen volgens die wêreldranglys. Daniil Medvedev van Rusland is derde gekeur, en Casper Ruud van Noorweë is vierde gekeur. Die Wimbledon-toernooi begin op 3 Julie.