Oorsaak van noodlottige inploffing van Titan-duikboot ondersoek

Owerhede in Amerika en Kanada sê hulle gaan die oorsaak van die noodlottige inploffing van die Titan-onderwatertuig ondersoek waarin vyf mense dood is. Die Amerikaanse kuswag, bygestaan deur die Amerikaanse Nasionale Vervoer-veiligheidsraad, asook die Kanadese Vervoer-veiligheidsraad, gaan die ondersoeke doen. Die Koninklike Kanadese berede polisie sê hulle gaan bepaal of strafregtelike aanklagtes geregverdig kan word. Die OceanGate Expeditions se diepsee duikvaartuig was op pad na die wrak van die Titanic toe verbinding met die oppervlakskip verloor is en dit verlede Sondag in ‘n inploffing vernietig is.