Rugby: Junior Springbokke klop Georgië
Rugby: Die Junior Springbokke het ‘n laat terugveg-poging van Georgië oorkom en ‘n oorwinning van 33-23 in hul openingswedstryd van die Onder-20 Wêreldbeker in Stellenbosch behaal. Die losskakel Jean Smith het 18 punte bygedra. Die Suid-Afrikaanse Onder-20-span moes in hul eerste Groep-C-kragmeting hard spook vir geleenthede om punte aan te teken. Die Junior-Bokke speel Donderdag teen Italië in die Paarl. Op 4 Julie kom Suid-Afrika teen Argentinië te staan in hul laaste groepwedstryd in Athlone, Kaapstad.