Isap se Junior Ranger-kamp leer jeug van natuur

Meisies en seuns tussen 13 en 18 jaar oud kan inskryf vir die volgende Junior Ranger-kursus van Intelligence Support Against Poaching, Isap. Dit sal ‘n avontuur in die veld vir die jeug oor nege dae wees. Verskeie kursusse sal deur kenners aangebied word en sluit in oorlewing, radiokommunikasie, noodhulp, die identifisering van wilde diere, voëls en slange. En dan is daar ‘n opwindende nagmars. Akkommodasie op Isap se plaas, etes en die toerusting is ingesluit in die prys. Isap se uitvoerende hoof het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en deel die belangrikheid van die kursus…