Eskom verwelkom besluit oor vrystellingstandaarde

Eskom het ‘n besluit van die nasionale luggehalte-beampte van die departement van bosbou, vissery en die omgewing verwelkom om die nutsmaatskappy uitstel te verleen oor die minimum vrystelling-standaarde wat verband hou met swaeldioksied-vlakke by die Kusile-kragstasie. Eskom se tussentydse woordvoeder, Daphne Mokwena, sê hulle is nou in staat om die drie eenhede by Kusile sonder die swaelverwyderings-aanleg te gebruik.