Kritiek oor oudregter wat dronk bestuur

ʼn Voormalige regter van die hooggeregshof in Gauteng wat aan bestuur onder die invloed van alkohol skuldig bevind is, moet in ‘n staat van beskuldiging geplaas word na ʼn uitspraak deur die Appèlhof. Nkola Motata is in 2009 skuldig bevind en tot 20 000 Suid-Afrikaanse rand of 12 maande tronkstraf gevonnis. Die hof het bevind die Regterlike Dienskommissie moes hom aan growwe wangedrag skuldig bevind het en nie bloot aan wangedrag nie. Die hof sê indien Motata steeds daarop geregtig is om as “regter” aangespreek te word, bly die regbank besoedel in die oë van die publiek