Kandjoze stel feite reg oor Hyphen-projek
Die Namibiese regering word gekritiseer vir sy hantering van die eienaarskap van die hoogs verwagte groenwaterstof-projek. Dit volg na die regering bevestig het dat hy ‘n 24 persent-aandeel in die Hyphen Hydrogen Energy-projek wil verkry deur fondse van SDG Namibia One. Tydens die bekendstelling van die formuleringsproses van die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan, het die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie en voorsitter van die Groenwaterstof-raad, Obeth Kandjoze bevestig daar is geen leningsooreenkoms onderteken nie.