Geingob: Staatsamptenare moet almal met respek behandel
President Hage Geingob sê om ‘n staatsamptenaar te wees is ‘n roeping en nakoming van die handves van die ministerie, kantoor en agentskap wat jy dien. Afrika Staatsdiensdag word vandag herdenk onder die tema “Versnelling van die implementering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied”. Hy herinner staasdiens-amptenare aan die waardes en deugde van die staatsdiens in die strewe om armoede uit te roei vir ‘n verenigde en welvarende Namibië. In gesamentlik pogings om ‘n welvarende en geïntegreerde Afrika deur handel te bou, doen Geingob ‘n beroep op alle staatsamptenare om te verseker dat burgers, beleggers, toeriste en almal wat staatsdienste benodig, met respek behandel en van uitmuntende diens voorsien word.