DA bekommerd oor Sassa-personeeltekorte
Die DA in Limpopo vra die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Nandi Ndalane, moet aandag gee aan die kommerwekkende hoë koers vakatures van Sassa-poste. Die party sê met 54 persent van alle poste vakant, is maatskaplike bystand en administrasie van toelaes vir die 2,7 miljoen begunstigdes in gevaar. Risham Maharaj van die DA vra dringende optrede om die personeeltekorte uit die weg te ruim en die instelling van ‘n werwingsplan om te verseker die kwesbares ontvang die ondersteuning wat hulle verdien.