31 onwettige mynwerkers by Welkom-myn dood

Die departement van minerale hulpbronne en energie in die buurland sê minstens 31 vermeende onwettige mynwerkers is by ‘n myn in Welkom in die Vrystaat dood. Lesotho se ministerie van buitelandse sake het die departement ingelig dat die groep verlede maand dood is in ‘n ventilasieskag wat in die 1990’s laas gebruik is. Drie liggame is volgens berigte deur ander onwettige mynwerkers na die oppervlak gebring. Die departement sê die metaan-vlakke in die myn se ventilasieskagte is baie hoog, daarom is dit te gevaarlik vir reddingswerkers om in die skag af te gaan.