Somalië: Nege mense reeds dood in geweld
Volgens berigte is nege mense reeds dood in die geweld wat in Somalië se semi-outonome Puntland-streek uitgebreek het. Sowat 12 mense is gewond. Die geweld het in die hoofstad Garowe uitgebreek, vermoedelik in reaksie op moontlike veranderings aan die kiesstelsel. Volgens inwoners van die stad het die gevegte uitgebreek nadat opposisiegroepe die regering van Said Abdullahi Deni daarvan beskuldig het dat hulle grondwetlike veranderings wil aanbring om die leier se termyn te verleng.