Goewerneur betrek owerhede na gemeenskap opruk oor water
Na inwoners in die Tsandi-kiesafdeling van Omusati-streek, na die kantoor van Omusati-goewerneur Erginus Endjala opgeruk en geëis het dat hy ordentlike drinkwater aan hulle voorsien, het Endjala die betrokke owerhede genader. Die gemeenskap sê hulle drink net vuil soutwater uit putte of reis na Tsandi of Okahao, sowat 50 tot 70 kilometer verder, om water te gaan haal. Endjala sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat terwyl stappe nou geneem word, sal dit nog ‘n tyd neem. Hy verduidelik.