DRK steek kers op by Namibië oor ons goeie paaie

Afgevaardigdes van die Demokratiese Republiek van die Kongo se verskeie staatspadsektor-instellings is op besoek aan Namibië. Die besoek, wat daarop gemik is om tegniese vaardighede oor die instandhouding van paaie te deel, is ‘n vennootskap tussen Padfonds-administrateurs binne die SAOG-streek en ander organisasies soos die Walvisbaai Korridorgroep om pad-instandhoudings-vaardighede oor te dra aan dié wat aan die vervoer-spilpunt-konsep gekoppel is. Die besoek van twee dae word in dele verdeel oor die tegniese aspekte van hoe Namibië paaie bou, hoe die land in padinfrastruktuur belê, en die besoek van verskeie grondpaaie. Namibië is die afgelope vyf jaar in die eerste plek in terme van padgehalte en -verbinding in Afrika.