Britse miljardêr, Pakistanse sakeman en toeriste op duikbood
Die Britse miljardêr en avonturier, die 58-jarige Hamish Harding en ‘n Pakistanse sakeman, Shahzada Dawood en sy seun, Suleman is die drie toeriste op die duikboot. Die Dawood-familie woon ook in Brittanje. Shahzada Dawood is die adjunkpresident van ‘n Pakistanse konglomeraat, die Engro Korporasie, wat betrokke is by voertuigvervaardiging, kunsmis, energie en digitale tegnologie. Die drie toeriste het elk 250 000 Amerikaanse dollar betaal vir die ekspedisie van agt dae, wat duikgeleenthede na die wrak insluit. Die ander twee vermistes werk vir die toermaatskappy, OceanGate.