Sanksies keer nie olie in die mark nie, en laer prys help verbruikers

Reaksie word ontvang op die mislukte sanksies wat veral op Russiese olie geplaas is. Die Brent ru-olieprys bly bestendig tussen 75 en 76 Amerikaanse dollar ‘n vat, ten spyte daarvan dat Opul produksie-besnoeiings aangekondig het. Die prysimpak van Opul se aankondiging het presies ‘n dag geduur toe daal olie weer. Die rede vir die bestendigheid van die kommoditeit kan wees omdat sanksies teen verskeie lande se olie, Rusland, Venezuela en Iran ingesluit, geen werklike impak op verkope het nie. Indiese owerhede sê teen die einde van die huidige finansiële jaar, sal Russiese olie 30 persent van Indië se invoere beslaan, op van 2 persent in 2021-22. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper sê die afgedwonge olieprys vir Russiese olie word uitgebuit.

Hy sê dit bly goeie nuus vir plaaslike verbruikers.