SA boere bekommerd oor swak infrastruktuur
Suid-Afrikaanse boere het hul kommer uitgespreek oor die land se swak infrastruktuur wat die proses om hul produkte op die mark te plaas, belemmer. Die voorsitter van die Agrisektor-eenheidsforum, Pitso Sekhoto, sê die sektor bereik nie sy volle potensiaal nie weens ‘n aantal faktore wat in die pad van sy sukses staan. Dit sluit in kragonderbrekings, verswakkende paaie, water-infrastruktuur wat ineenstort en toenemende misdaad wat bydra tot voedselonsekerheid. Sekhoto sê hierdie uitdagings beklemtoon die gevolge van swak bestuur.