Regsadviesdae vorder goed, raai wat is die algemeenste navrae…

Die Kantoor van die Ombudsman in samewerking met die Prokureursorde, is tans besig met hul gratis regsadviesdae wat regoor die land aangebied word. Besoeke is reeds afgelê in Walvisbaai, Mariental en Keetmanshoop, en hulle het onlangs in Oshakati klaargemaak. In die volgende maande word Otjiwarongo, Rundu, Gobabis en Windhoek besoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Aurelia David, die skakelbeampte by die Kantoor van die Ombudsman gesels en dit is nogal interessant watter regshulp domineer.