Navo ondersteun Afrika-vredesending na Oekraïne

Navo het sy steun uitgespreek vir ‘n Afrika-vredesending wat daarop gemik is om die voortslepende konflik tussen Oekraïne en Rusland op te los. President Cyril Ramaphosa en leiers van Senegal, Egipte, Zambië en die Comore deel hul perspektiewe oor die strewe na vrede. Die afvaardiging het gister tydens ‘n besoek aan Kiëf Oekraïne se President Volodymyr Zelensky ontmoet. Vandag is hulle geskeduleer om met die Russiese President Vladimir Putin te vergader. Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê slegs ‘n regverdige oplossing sal die konflik ontlont: