Visum-vry vir Chinese? ‘China Shops’ net waar jy kyk, sê AR
Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het sy diep kommer uitgespreek oor die voorgestelde visum-vry reisooreenkoms met China. Die aankondiging deur Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, dat die landsburgers visum-vry Namibië kan besoek het gemengde reaksie uitgelok. Volgens Amupanda is nie vir toerisme soos die minister sê nie. Dit gaan oor onopgevoede en werklose Chinese burgers om plaaslik op tenders te kom werk. George Kambala, ‘n aktivis by die beweging sê hulle glo dit sal net minder geleenthede en meer uitbuiting vir Namibiërs bied.