Samesmelting van gholf-reekse deur justisie in VSA ondersoek

Die Amerikaanse Departement van Justisie gaan ondersoek instel na die samesmelting van van die PGA-toer, en die Saoedi-gesteunde LIV-gholfreeks om te bepaal of dit antitrust-wetgewing oortree. Die PGA-toer, DP World-toer en die kompeterende LIV-gholfreeks, was voorheen in ‘n bitter stryd gewikkel wat die sport verdeel het. Hulle het verlede week ‘n ooreenkoms aangekondig om saam te smelt en een verenigde kommersiële instelling te vorm. Die voorgestelde transaksie het ook reeds kommer op Capitol Hill ontlok. Senatore Elizabeth Warren en Ron Wyden het vandeesweek die Amerikaanse Departement van Justisie gevra om ‘n antitrust-ondersoek te begin.