Rundu – RedForce is weg so, rente is op…

Die Rundu-dorpsraad sê die kontrak tussen hom en RedForce Debt Management is beëindig. Die raad sal dus begin met die hef van rente op rekeninge wat agterstallig is met ingang van 1 Julie 2023. Alle inwoners word gemaan om onmiddellik betaling te maak of, reëlings te tref, soos Olavi Nathanael, uitvoerende hoof, verduidelik.