Mwiya ontsteld oor karate-toer na Zimbabwe

Die Namibiese Karate-federasie het byna 50 karatekas se hoop verpletter om aan die onlangse 2023 Streek 5-kampioenskap in Zimbabwe deel te neem. Die atlete, sommige wat die beste in die land in hul kategorieë is, kon nie die ‘luukse’ private vervoer na Harare bekostig wat deur die federasie gereël is nie. Elke atleet moes glo 13 800 Namibiese dollar opdok vir die spele. Aanvanklik sou 100 karatekas Namibië by die streeks-kampioenskap verteenwoordig, maar net 51 karatekas kon die reis bekostig. Die meerderheid van die geraakte atlete kom van die streke van Oshikoto, Oshana en Karas. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof-sport-administrateur by die Namibiese Sportkommissie, Freddy Mwiya gesels wat sy ontsteltenis oor die kwessie gedeel het.