Eskom beklink loonooreenkoms met vakbonde

Eskom en sy vakbonde het ‘n drie-jaar ooreenkoms bereik oor salarisverhogings en toelaes. Dit sluit in ‘n verhoging van 7 persent vir werknemers wat nie op bestuursvlak is nie. Dit sal van volgende maand tot Junie 2026 geld. Die behuisingstoelaag sal ook met 7 persent oor die driejaar-tydperk verhoog word, saam met ‘n eenmalige belastingdraende betaling van 10 000 Suid-Afrikaanse rand vir die eerste twee jaar. Tussentydse woordvoerder Daphne Mokwena sê die ooreenkoms is belangrik om Eskom bestendig te maak en gesamentlik aan dwingende kwessies aandag te gee: