DA: SA jeug het niks om vandag te vier
Suid-Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is bekommerd oor die land se trae ekonomiese groeikoers, aangesien dit ‘n negatiewe impak op die jeug het. Mashatile was die hoofspreker by die regering se Jeugdagvieringe. Hy sê die regering is verbind daartoe om die jeug ekonomies te bemagtig vir ‘n volhoubare toekoms. Mashatile sê buiten bestaande programme om entrepreneurs te steun, verskaf hulle ook spesifieke finansiële- en sake-ontwikkelingsteun aan jongmense om hulle te help om hulle eie ondernemings tot stand te bring. Intussen sê die DA-leier, John Steenhuisen vandag se jeug het niks om te vier op Jeugdag nie, aangesien hulle steeds gebuk gaan onder hoë vlakke van werkloosheid