Wêreldleiers moet inkomste-ongelykheid aanspreek

President Cyril Ramaphosa sê wêreldleiers moet ongelyke toegang tot arbeidsmarkte en inkomste-ongelykheid as ‘n saak van dringendheid aanspreek. Hy het gepraat by die Wêreld-werksberaad wat in Genève, Switserland, gehou word. Die beraad word deur die Internasionale Arbeidsorganisasie aangebied. Ramaphosa sê leiers moet beleide en programme in werking stel wat bydra tot werkskepping, entrepreneurskap bevorder, en billike lone en werksomstandighede vir alle werkers verseker: