Britse Arbeidersparty eis verskoning van Boris
Die Britse parlement het bevind dat die land se voormalige eerste minister Boris Johnson die parlement wel doelbewus mislei het oor partytjies wat hy tydens die Covid-pandemie by die ampswoning Downingstraat 10 gehou het. Volgens die komitee wat die klagtes ondersoek het, het Johnson die demokratiese proses geminag. Die komitee sê hulle sou aanbeveel het dat Johnson as parlementslid geskors word, as hy nie self vroeër bedank het nie. Die Arbeidersparty het ‘n beroep op die voormalige premier gedoen om verskoning te vra.