Huldeblyke stroom in vir McKaiser
Huldeblyke stroom in na die dood van die bekende skrywer, omroeper en kommentator, Eusebius McKaiser. Die 45-jarige is by sy huis in Johannesburg dood nadat hy vermoedelik ‘n epileptiese aanval gekry het. ActionSA se leier, Herman Mashaba, sê McKaiser se dood het hom geruk omdat hy so ‘n slim jong man was. Die ervare aktivis vir maatskaplike geregtigheid en vriend, Mark Heywood, sê hy was groter as groot. Die politieke ontleder Judith February beskryf McKaiser as ‘n onlosmaaklike deel van die Suid-Afrikaanse landskap.