130 000 Britse staatsamptenare staak vandag en dis chaos
Nog ‘n reuse-staking vind vandag in die Verenigde Koninkryk plaas met 130 000 staatsamptenare wat deelneem. Die adjunkpresident van daardie land se Openbare en Kommersiële Dienste-vakbond Martin Cavanagh sê die situasie vir die amptenare het ondraaglik geword en daar was geen ander keuse nie.