Namibiërs, al 3, uit Sudan ontruim
Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge sê daar was drie Namibiërs in Sudan wat werksaam is vir die Verenigde Nasies en dat hulle veilig ontruim is. Gevegte woed reeds 13 dae in die land met die weermag en die Rapid Support Force paramilitêre groep wat baklei vir beheer. Penda Naanda, woordvoerder van die ministerie het die jongste.
Hy het duidelik nie van die Namibiese onderwyseres, Minette van der Bijl, wat gereeld met Kosmos 94.1 Nuus gesels, geweet nie maar, sy sê sy is ook terug te danke aan Gift of the Givers. Sy sê dis lekker om te sê sy is in Windhoek en nie Khartoum nie.